-
$(this).corner();
-
$(this).corner();
-
$(this).corner();
-
$(this).corner();
text size
Studio III - Suid-Afrika
Opleiding in die hantering van gedrag op 'n nie-konfronterende wyse, vir meer as 15 jaar.
Uitdagende en emosionele gedragsprobleme, soos aggressie, is een van die moeilikste situasies om te hanteer in die versorging van mense met outisme en/of verstandelike gestremdheid. Dit is 'n area van toenemende bekommernis vir werknemers en is 'n uitdaging vir vele instansies. Vrees, hulpeloosheid en teen-geweld bepaal dikwels die reaksies van werknemers, met die gevolg dat spanning toeneem.
Die Studio III Opleidingskursus is ontwikkel in Brittanje. Dit is daarop gemik om aggressiewe en ander uitdagende gedrag en dus ook spanning in die spesiale werksomgewings te verminder. Die doel is om vaardighede aan te leer wat werknemers in staat stel om gespanne situasies te hanteer, sonder om in 'n magstryd betrokke te raak of die waardigheid van die kliënte te na te kom. Dit bied 'n nie-konfronterende benadering tot uitdagende gedrag.
Die kursus bied meer as blote sielkundige agtergrond en algemene fisiese kunsies om potensiële gespanne situasies te ontvlug of te vermy. Dit fokus op die filosofie en die houding van die groep wat die kursus bywoon. Die doel om 'n spesifieke gedrag te verander, kan 'n geruime tyd neem. Werknemers moet dus in staat wees om hierdie gedrag te kan hanteer voordat dit verander kan word en word aanbeveel om pro-aktiewe benaderings en spesifieke strategieë te gebruik. Studio III is van mening dat te veel belang geplaas is op die langtermyn verandering van gedrag, en te min steun word gebied om korttermyn gedrag te hanteer.
Hierdie benaderings fokus op die ontwikkeling van 'n positiewe verhouding tussen die werknemers en die kliënte. Van die kursusgangers word verwag om hul eie houdings en benaderings, vir die hantering van uitdagende gedrag, asook hul eie filosofie en wat geleer en oorgedra is tydens hul loopbaan, te hersien.
Studio III se doelwitte vir die 3-dag kursus:
- Werknemers se vertroue te versterk om uitdagende gedrag te hanteer
- Die beginsels en voordele van 'n nie-konfronterende benadering by werknemers tuis te bring
- Werknemers bewus te maak van die feit dat hul eie gedrag ander se gedrag kan beïnvloed
- Werknemers toe te rus met vaardighede om uitdagende
- situsies te hanteer, met die doel om fisiese tegnieke en hantering minder te gebruik
- Werknemers toe te rus met beter begrip van oorsake van uitdagende gedrag en kliënte in 'n positiewe lig te sien
- Werknemers in te lig oor die wetlike aspekte en die bealng
- daarvan, asook die behoefte om volgens die instansie se beleid te werk
- Die belang en relevansie van ontlading na voorvalle te beklemtoon
- Werknemrs te voorsien met 'n verskeidenheid van verbale en fisiese intervensie vaardighede, wat veilig en aanvaarbaar is vir beide die kliënte en die werknemers.